| farad [boodskap #151130] |
Sa., 04 April 2026 17:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24763 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Michael Faraday (1791-1867)
farad
Afbreking: fa•rad
Selfstandige naamwoord: farad
Meervoud: farads
Betekenis:
• Die SI-eenheid van elektriese kapasitansie, die vermoë om elektriese lading te stoor.
Gebruik:
• 'n Kapasitor van een farad stoor een coulomb lading wat 'n potensiaalverskil van een volt oor die pole veroorsaak.
Hiponiem:
• gigafarad
• kilofarad
• mikrofarad
• millifarads
• nanofarad
• pikofarad
Afgelei:
• faradies
• faradisme
Afkorting:
• F
Vertaling:
Engels: farad
Nederlands: farad
Nota:
• Farad is 'n eponiem, genoem na die Engelse fisikus Michael Faraday.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 04 April 2026 17:44] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|