| vrykom [boodskap #151129] |
Sa., 04 April 2026 10:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24759 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vrykom
Afbreking: vry•kom
Samestelling: vry + kom
Werkwoord: kom vry, vrykom
Verlede tyd: het vrygekom
Teenwoordige deelwoord: vrykomend, vrykomende
Verlede deelwoord: vrygekome
Betekenis:
• Om uit gevangeskap los te kom.
• Om iets te ontduik; straf vryspring.
• Om beskikbaar te raak; vakant word.
• Om los te kom.
Gebruik:
• Wanneer kom hierdie gevangene vry?
• Nie een van hulle sal vrykom en die rampe ontsnap wat Ek oor hulle sal bring nie [Jeremia 42:17]
• Weens 'n kansellasie het 'n eenheid in de vakansieoord vrygekom.
• Die energie wat vrykom, ontstaan tydens kernfusie in die son se kern.
Sinoniem:
• afkom
• bevry
• loskom
• losraak
• ontsnap
• vryloop
• vrymaak
• vryspring
• vrystel
Afgelei:
• vrykoming
Vertaling:
Engels: to become free; to get off; to become available; to get released
Nederlands: vrijkomen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 04 April 2026 10:52] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|