Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » modulasie
modulasie [boodskap #151127] Sa., 04 April 2026 09:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24759
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
modulasie
Afbreking: mo•du•la•sie
Samestelling: moduleer + -asie


Selfstandige naamwoord: modulasie
Meervoud: modulasies
Verkleinwoord: modulasietjie
Meervoud van verkleining: modulasietjies

Betekenis:
• Die afwisseling van die stem t.o.v. volume, toonhoogte, aksentuering, tempo, ens.
• Die verandering van 'n sein of dragolf om oordrag te vergemaklik.

Gebruik:
• Doeltreffende modulasie kan jou help om beter te kommunikeer en jou stem interessanter te maak om na te luister.
• Radio gebruik twee modulasies, naamlik amplitudemodulasie (AM) en frekwensiemodulasie (FM).

Sinoniem:
• modulering
• stembuiging

Antoniem:
• demodulasie

Hiponiem:
• amplitudemodulasie
• frekwensiemodulasie
• klankmodulasie
• pulsmodulasie

Vertaling:
Engels: modulation, inflexion
Nederlands: modulatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 04 April 2026 09:49]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: ongeërgdheid
Volgende onderwerp: gedragsterapie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Apr. 04 11:45:47 UTC 2026