| verplasing [boodskap #151110] |
Do., 02 April 2026 19:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24741 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verplasing
Afbreking: ver•pla•sing
Samestelling: verplaas + -ing
Selfstandige naamwoord: verplasing
Meervoud: verplasinge, verplasings
Verkleinwoord: verplasinkie
Meervoud van verkleining: verplasinkies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verplaas (na 'n ander plek beweeg).
• Die volume vloeistof wat deur 'n massa verplaas word.
• (fisika) Die verandering in posisie van 'n voorwerp in 'n bepaalde rigting.
Gebruik:
• 'n Werkgewer kan 'n werknemer na 'n ander stad verplaas, solank die verplasing billik is.
• Die oorlogskip het ’n verplasing van 70 000 ton.
• Verplasing is 'n vektor wat die kortste afstand ('n skalaar) en rigting van beweging aandui.
Sinoniem:
• hervestiging
• posisieverandering
• verskuiwing
Hiponiem:
• enjinverplasing
• grondverplasing
• hoekverplasing
• kapitaalverplasing
• klankverplasing
• terugverplasing
• waterverplasing
Afgelei:
• verplasingsanalise
• verplasingshoek
• verplasingskromme
• verplasingspomp
• verplasingsreaksie
• verplasingstroom
Vertaling:
Engels: displacement, movement, transposition
Nederlands: verplaatsing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 02 April 2026 19:46] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|