| geveinsdheid [boodskap #151104] |
Do., 02 April 2026 11:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24737 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geveinsdheid
Afbreking: ge•veinsd•heid
Samestelling: geveins(d) + -heid
Selfstandige naamwoord: geveinsdheid
Meervoud: geveinsdhede
Betekenis:
• Die toestand geveins (vals en onopreg) wees.
Gebruik:
• Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery. [1 Petrus 2:1]
Sinoniem:
• huigelary
• onopregtheid
• skynheiligheid
• valsheid
Antoniem:
• eerlikheid
• ongeveinsdheid
• opregtheid
Vertaling:
Engels: hypocrisy, dissimulation
Nederlands: geveinsdheid, huichelarij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|