Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knipper
knipper [boodskap #151099] Wo., 01 April 2026 16:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24733
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
knipper
Afbreking: knip•per
Samestelling: knip + -er


Selfstandige naamwoord: knipper
Meervoud: knippers
Verkleinwoord: knippertjie
Meervoud van verkleining: knippertjies

Betekenis:
• Toestel waarmee iets geknip, gesny of afgekap word.
• Iemand wat iets knip, sny of afkap.
• Iets wat oop en toe, of aan en af gaan, soos ’n motor se flikkerlig.

Gebruik:
• Die haarkapper se knipper het gebreek.
• Die skape moet geskeer word, maar nie een knipper het vir werk opgedaag nie.
• Die motor se knippers is besonder skerp.

Hiponiem:
• bandknipper
• draadknipper
• gaatjieknipper
• grasknipper
• haarknipper
• hareknipper
• kaartjieknipper
• kaartjiesknipper
• ligknipper
• naelknipper
• sigaarknipper
• spykerknipper
• takknipper

Afgelei:
• knipperlig
• knipwerk

Vertaling:
Engels: clipper; blinker, indicator
Nederlands: knipper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 01 April 2026 16:15]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: leedwese
Volgende onderwerp: huigelagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Apr. 01 18:10:37 UTC 2026