Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verslaafde
verslaafde [boodskap #151070] So., 29 Maart 2026 09:45
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24708
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verslaafde
Afbreking: ver•slaaf•de
Samestelling: verslaaf + -de


Selfstandige naamwoord: verslaafde
Meervoud: verslaafdes

Betekenis:
• Iemand wat aan iets verslaaf is (van iets afhanklik is en nie daarsonder kan klaarkom nie).

Gebruik:
• Een keer 'n verslaafde, altyd 'n verslaafde.

Hiponiem:
• daggaverslaafde
• drankverslaafde
• dwelmverslaafde
• eetverslaafde
• internetverslaafde
• koffieverslaafde
• kokaïenverslaafde
• tikverslaafde
• werkverslaafde

Vertaling:
Engels: addict, junkie
Nederlands: verslaafde


Byvoeglike naamwoord: verslaaf
Attributief: verslaafde

Betekenis:
• Attributiewe vorm van verslaaf. Wat aan iets verslaaf is.

Gebruik:
• Die verslaafde man het homself by 'n rehabilitasiesentrum ingeboek.

Vertaling:
Engels: addicted
Nederlands: verslaafde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 29 Maart 2026 10:41]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: werkverslaaf
Volgende onderwerp: sjirurgies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Mrt. 29 11:32:07 UTC 2026