| homosigoties [boodskap #151040] |
Di., 24 Maart 2026 20:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24715 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
homosigoties
Afbreking: ho•mo•si•go•ties
Samestelling: homo- + sigoot + -ies
Byvoeglike naamwoord: homosigoties
Attributief: homosigotiese
Betekenis:
• Met twee eenderse allele vir 'n spesifieke kenmerk.
Gebruik:
• As een ouer homosigoties is vir ’n kenmerk en die ander ouer heterosigoties, sal die nakomelinge 50% homosigoties en 50% heterosigoties wees.
Antoniem:
• heterosigoties
Vertaling:
Engels: homozygous
Nederlands: homozygoot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|