Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gemakshuis
gemakshuis [boodskap #151034] Ma., 23 Maart 2026 19:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24718
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gemakshuis
Afbreking: ge•maks•huis
Samestelling: gemak + -s- + huis


Selfstandige naamwoord: gemakshuis
Meervoud: gemakshuise
Verkleinwoord: gemakshuisie
Meervoud van verkleining: gemakshuisies

Betekenis:
• 'n Toilet, veral een in 'n losstaande gebou buite die huis of op 'n openbare plek.

Gebruik:
• Daai nag hoor ons hoe 'n oom al kreunend en knypend van sy karavaan na die gemakshuis hardloop.

Wisselvorm:
• gemakhuis

Sinoniem:
• buitehuis
• geriefshuisie
• kleinhuisie
• latrine
• parlementshuisie
• sekreet
• toilet

Vertaling:
Engels: lavatory, latrine, closet, privy, outhouse
Nederlands: gemakhuisje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: suurstofsuur
Volgende onderwerp: gemakhuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Mrt. 30 21:12:15 UTC 2026