| plantkundige [boodskap #151014] |
Sa., 21 Maart 2026 09:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24648 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plantkundige
Afbreking: plant•kun•di•ge
Samestelling: plantkundig + -e
Selfstandige naamwoord: plantkundige
Meervoud: plantkundiges
Betekenis:
• 'n Kenner op die gebied van die plantkunde.
Gebruik:
• Die plantkundige beywer hom vir die beskerming van bedreigde plantspesies.
Sinoniem:
• botanikus
• botanis
Afkorting:
• plantk.
Vertaling:
Engels: botanist
Nederlands: plantkundige
Byvoeglike naamwoord: plantkundig
Attributief: plantkundige
Betekenis:
• Attributiewe vorm van plantkundig: wat op die plantkunde betrekking het.
Gebruik:
• Sy doen plantkundige navorsing.
Vertaling:
Engels: botanical
Nederlands: plantkundige
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 21 Maart 2026 09:19] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|