| prysstyging [boodskap #151010] |
Vr., 20 Maart 2026 18:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24648 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prysstyging
Afbreking: prys•sty•ging
Samestelling: prys + styging
Selfstandige naamwoord: prysstyging
Meervoud: prysstygings
Verkleinwoord: prysstyginkie
Meervoud van verkleining: prysstyginkies
Betekenis:
• 'n Verhoging/styging in die prys van goedere en dienste.
Gebruik:
• Motoriste kan volgende maand 'n stewige prysstyging by die petrolpomp verwag.
Sinoniem:
• prysverhoging
Antoniem:
• prysdaling
• prysverlaging
Vertaling:
Engels: price increase
Nederlands: prijsstijging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|