| nurk [boodskap #151008] |
Do., 19 Maart 2026 18:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24648 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nurk
Afbreking: nurk
Werkwoord: nurk
Verlede tyd: het genurk
Teenwoordige deelwoord: nurkend, nurkende
Betekenis:
• Om 'n diep, trillende klank voort te bring, soos die geluid wat 'n seekoei maak.
Gebruik:
• Ons het die seekoeie regs langs ons tent hoor nurk.
Vertaling:
Engels: to grunt, snore
Nederlands: nurken
Selfstandige naamwoord: nurk
Meervoud: nurke
Betekenis:
• Die snorkgeluid wat 'n seekoei maak.
• 'n Nors, knorrige persoon.
Gebruik:
• Ons hoor snags die seekoeie se nurke in die dam.
• Die nurk is besig om my grensloos te irriteer.
Sinoniem:
• brombeer
• brompot
• grompot
• knorpot
• korrelkop
Afgelei:
• nurks
Vertaling:
Engels: grunt, snore; grump
Nederlands: nurk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 19 Maart 2026 18:36] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|