Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » regspersoon
regspersoon [boodskap #151000] Di., 17 Maart 2026 19:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24648
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regspersoon
Afbreking: regs•per•soon
Samestelling: reg + -s- + persoon


Selfstandige naamwoord: regspersoon
Meervoud: regspersone

Betekenis:
• 'n Entiteit wat deur die reg as 'n persoon erken word (en gevolglik eiendom kan besit, kontrakte kan sluit en gedagvaar kan word).

Gebruik:
• Die woonstelle behoort aan die onderskeie eienaars, terwyl die gemeenskaplike areas deur 'n regspersoon beheer word wat uit al die geregistreerde eienaars bestaan.

Antoniem:
• natuurlike persoon

Hiperoniem:
• regsubjek

Afgelei:
• regspersoonlikheid

Vertaling:
Engels: legal person, legal entity, juristic person
Nederlands: rechtspersoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 17 Maart 2026 19:47]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: regtervleuel
Volgende onderwerp: dwangarbeider
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Mrt. 21 11:38:19 UTC 2026