| binnesenter [boodskap #150993] |
Ma., 16 Maart 2026 19:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24648 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
binnesenter
Afbreking: bin•ne•sen•ter
Samestelling: binne + senter
Selfstandige naamwoord: binnesenter
Meervoud: binnesenters
Verkleinwoord: binnesentertjie
Meervoud van verkleining: binnesentertjies
Betekenis:
• Die nommer 12 in 'n rugbyspan, een van die agterspelers. Die senter aan die binnekant wat die bal langs die agterlyn af versprei en met verdediging help.
Gebruik:
• Jean de Villiers het in 109 toetse gespeel en is waarskynlik die beste binnesenter wat die Bokke nog gehad het.
Antoniem:
• buitesenter
Vertaling:
Engels: inside center
Nederlands: binnenspeler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 19 Maart 2026 15:28] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|