Re: Ferdi se Virus!!! (was Eksperiment met anargie ) [boodskap #20924] |
Wed, 10 February 1999 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jammer vir die wat die virus opgetel het.
Dis nou uitgesort aan my kant.
En dankie aan Lou wat dit raakgesien het.
Dit was n program wat aan e-mail vassit en onder aan die e-mail as '
EXE byvoegsel sit.
As jy dit kliek sien jy vuurwerke.
Dit lyk nie of dit enike skade doen nie, maar niemand wil iets he
sonder om te vra nie en dan die ding uitstuur na almal met hulle
korrespondeer nie.
As daar dus n attachment onder aan my e-mail sit wat in die afgelope
twee dae of so ontvang is, moenie daarop kliek nie.
Ek dink jy aktiveer die virus slegs as jy op die kliek en dit aan die
lewe sit.
Vee net die e-mail uit. Dit behoort OK te wees. Help my reg as ek hier
verkeerd is.
En Lou: Die oefening het bewys McAfee se anti virus pakket is trash.
Dit het niks opgestel nie. Selfs nie toe ek vroeer vanmiddag dit
aangese het om die hele hardeskyf te "sweep" nie.
|
|
|
|