| vag [boodskap #150989] |
Ma., 16 Maart 2026 15:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24648 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vag
Afbreking: vag
Selfstandige naamwoord: vag
Meervoud: vagte
Betekenis:
• Die digte haarkleed wat die liggaam van 'n dier bedek en beskerm.
Gebruik:
• Nadat die skaap se vag afgeskeer is, word dit vir klassifikasie op 'n sorteertafel uitgegooi.
Sinoniem:
• haarkleed
• skeersel
Hiponiem:
• haarvag
• skaapvag
• uitskotvag
• wintervag
Afgelei:
• vagdigtheid
• vagwol
Vertaling:
Engels: fleece, pelt, coat, fur
Nederlands: vacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 17 Maart 2026 11:44] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|