Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hurk
hurk [boodskap #150986] Ma., 16 Maart 2026 13:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24648
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man wat hurk.
'n Man wat hurk.
hurk
Afbreking: hurk


Werkwoord: hurk
Verlede tyd: het gehurk
Teenwoordige deelwoord: hurkend, hurkende
Verlede deelwoord: gehurkte

Betekenis:
• Om op die knieë af te sak sodat die boude naby die grond hang.

Gebruik:
• Sy hurk langs die kampvuur om stokbrood te braai.
• Hy het in die veld gehurk omdat die toilet beset was.

Afgelei:
• neerhurk

Vertaling:
Engels: to squat, crouch
Nederlands: hurken


Selfstandige naamwoord: hurk
Meervoud: hurke

Betekenis:
• 'n Sittende houding met gebuigde bene en die sitvlak naby aan die grond.

Gebruik:
• Hy sit op sy hurke.

Afgelei:
• hurkgemak
• hurkhouding
• hurkkloset
• hurkposisie
• hurksloot
• hurktoilet

Vertaling:
Engels: squat, crouch
Nederlands: hurk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 17 Maart 2026 09:58]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: perdeblom
Volgende onderwerp: gesondheidsprobleem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Mrt. 21 11:44:37 UTC 2026