| insmeer [boodskap #150972] |
Sa., 14 Maart 2026 19:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24604 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
insmeer
Afbreking: in•smeer
Samestelling: in + smeer
Werkwoord: smeer in, insmeer
Verlede tyd: het ingesmeer
Verlede deelwoord: ingesmeerde
Betekenis:
• Om olie of salf te laat indring deur dit te smeer of te vryf.
Gebruik:
• Smeer die sonskerm goed in.
• Die seun het sy stukkende elmboë en knieë met salf ingesmeer.
Sinoniem:
• bestryk
• aansmeer
• ghries
• inseep
• invet
• invryf
• olie
• salf
Afgelei:
• insmering
Vertaling:
Engels: to rub in, smear, grease, embrocate
Nederlands: insmeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|