Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wolwehok
wolwehok [boodskap #150921] Do., 05 Maart 2026 15:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24718
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wolwehok
Afbreking: wol•we•hok
Samestelling: wolwe + hok


Selfstandige naamwoord: wolwehok
Meervoud: wolwehokke
Verkleinwoord: wolwehokkie
Meervoud van verkleining: wolwehokkies

Betekenis:
• 'n Vanghok/lokval waarmee wolwe, jakkalse, hiënas, luiperds en ander roofdiere gevang word.
• 'n Hok waarin wolwe aangehou of gevang word.

Gebruik:
• Die wolwehokke was so suksesvol dat dit tot die uitsterwing van die bruinhiëna in die Karoo bygedra het.
• Daar is net 'n paar wolwe in die dieretuin se wolwehok.

Spreekwoord:
• Nuuskierige agies hoort in die wolwehok. [Gesê vir iemand wat baie nuuskierig is.]
• So skaars soos wors in 'n wolwehok. [So skaars soos hoendertande. Baie skaars.]

Sinoniem:
• wolfhok

Vertaling:
Engels: wolf trap, wolf cage
Nederlands: wolvenval, wolvenkooi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geo-
Volgende onderwerp: swaaistem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Mrt. 31 01:18:58 UTC 2026