Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Die Papier (Nuwe Afrikaanse koerant)
Die Papier [boodskap #150907] Di., 03 Maart 2026 19:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24539
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Papier is ’n weeklikse Afrikaanse koerant wat op die voorpunt van die week se nuus en die naweek se gebeure staan. Die publikasie neem oud en jonk op ’n opwindende reis wat vermaak, leefstyl, sport, skolenuus, gehalte-inligting en sakenuus insluit.

Die Papier bevorder diskoers oor uiteenlopende standpunte en dra by tot ’n ingeligte leserskap. Die koerant glo sterk in ’n vrye media binne ’n regverdige samelewing en fokus op lesers se frustrasies én aspirasies.

Die sluiting van streeks- en nasionale gedrukte koerante het ’n onmisbare leemte in Afrikaanssprekende huise, klaskamers en openbare ruimtes gelaat. Die Papier vul hierdie leemte opnuut.

Die Papier word in gedrukte formaat uitgegee en is ook as ’n e-koerant beskikbaar. Die e-koerant kan gelees word by diepapier.co.za.

[Bygewerk op: Di., 03 Maart 2026 20:00]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: Nasionale Staat van Inperking
Volgende onderwerp: Afrikaanse nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Mrt. 03 23:39:23 UTC 2026