| kitsskare [boodskap #150903] |
Di., 03 Maart 2026 11:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24538 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kitsskare
Afbreking: kits•ska•re
Samestelling: kits + skare
Selfstandige naamwoord: kitsskare
Meervoud: kitsskares
Betekenis:
• 'n Groep mense wat skielik op 'n openbare plek byeenkom, iets ongewoons doen en dan weer vinnig verdaag.
Gebruik:
• 'n Kitsskare van nagenoeg tweehonderd mense het op die winkelsentrum toegesak om 'n Meksikaanse golf te maak.
Sinoniem:
• blitsskare
Vertaling:
Engels: flash mob
Nederlands: flashmob, flitsmeute
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|