| opskop [boodskap #150900] |
Ma., 02 Maart 2026 18:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24534 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opskop
Afbreking: op•skop
Samestelling: op + skop
Werkwoord: skop op, opskop
Verlede tyd: het opgeskop
Teenwoordige deelwoord: opskopend, opskopende
Verlede deelwoord: opgeskopte
Betekenis:
• Om boontoe te skop.
• Om iets te veroorsaak of teweeg te bring.
• Om iets op te gee; laat vaar.
Gebruik:
• Hy skop die bal hoog in die lug op.
• Sy het 'n groot lawaai by die winkelsentrum opgeskop.
• Hy wil sy werk opskop.
Spreekwoord:
• 'n Herrie opskop. [Lawaai maak.]
Hiponiem:
• agteropskop
Afgelei:
• opskopper
Vertaling:
Engels: to kick up; to initiate; to give up
Nederlands: opschoppen
Selfstandige naamwoord: opskop
Meervoud: opskoppe
Verkleinwoord: opskoppie
Meervoud van verkleining: opskoppies
Betekenis:
• 'n Informele dansparty.
Gebruik:
• Ons reël 'n opskop vir Saterdagaand.
Sinoniem:
• dansparty
• fees
• geselligheid
• jol
• makietie
• onthaal
• partytjie
Vertaling:
Engels: party party
Nederlands: dansfeest
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|