| noustrop [boodskap #150895] |
Ma., 02 Maart 2026 07:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24529 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noustrop
Afbreking: nou•strop
Samestelling: nou + strop
Selfstandige naamwoord: noustrop
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van swaar kry (swaar aan die riem trek) in die vaste uitdrukking "noustrop trek".
Gebruik:
• Die oumense trek noustrop omdat hulle pensioen nie uitbetaal word nie.
Spreekwoord:
• Hy trek noustrop. [Swaar kry; baie hard werk.]
Sinoniem:
• bokerf
Vertaling:
Engels: narrow strap, cut throat, struggle
Nederlands: hebben het moeilijk
Nota:
• Strop verwys na die riem wat in die jukskeie onder die osse se nekkie geplaas is en in die kerwe op en af geskuif kon word.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 02 Maart 2026 07:10] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|