| nywerheidsaksie [boodskap #150883] |
Sa., 28 Februarie 2026 10:57 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24517 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
nywerheidsaksie
Afbreking: ny•wer•heids•ak•sie
Samestelling: nywerheid + -s- + aksie
Selfstandige naamwoord: nywerheidsaksie
Meervoud: nywerheidsaksies
Betekenis:
• 'n Georganiseerde aksie wat werknemers neem wanneer hulle versoeke nie deur die werkgewer toegestaan word nie.
Gebruik:
• Die vakbond het 'n nywerheidsaksie aangekondig om hoër lone af te dwing en dreig om produksie lam te lê totdat daar aan hulle eise voldoen word.
Sinoniem:
• arbeidsonrus
• staking
Vertaling:
Engels: industrial action, labor action
Nederlands: industrieel actie, arbeidsactie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|