| wanbalans [boodskap #150870] |
Do., 26 Februarie 2026 19:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24512 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wanbalans
Afbreking: wan•ba•lans
Samestelling: wan + balans
Selfstandige naamwoord: wanbalans
Meervoud: wanbalanse
Betekenis:
• 'n Toestand waarin die balans/ewewig versteur is.
Gebruik:
• Skisofrenie word deur 'n chemiese wanbalans in die brein veroorsaak.
Sinoniem:
• disharmonie
• ongebalanseerdheid
• ongelykheid
Antoniem:
• balans
Vertaling:
Engels: imbalance, unbalance, disequilibrium
Nederlands: onbalans, wanbalans
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|