Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dikteer
dikteer [boodskap #150849] So., 22 Februarie 2026 19:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24512
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dikteer
Afbreking: dik•teer


Werkwoord: dikteer
Verlede tyd: het gedikteer
Teenwoordige deelwoord: dikterend, dikterende
Verlede deelwoord: gedikteerde

Betekenis:
• Om voor te sê wat neergeskryf moet word.
• Om te bepaal hoe sake moet verloop.

Gebruik:
• Die sekretaresse tik die briewe soos haar baas dit dikteer.
• Die losskakel het die spel gedikteer en goeie balle aan sy agterlyn besorg.

Sinoniem:
• voorsê
• voorskryf

Afgelei:
• dikteerder
• dikteerdery
• dikteermasjien
• dikteerspoed
• diktering

Vertaling:
Engels: to dictate
Nederlands: dicteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: begeester
Volgende onderwerp: uitjou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Feb. 28 06:20:52 UTC 2026