Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vonkel
vonkel [boodskap #150847] So., 22 Februarie 2026 14:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24483
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vonkel
Afbreking: von•kel
Samestelling: vonk + -el


Werkwoord: vonkel
Verlede tyd: het gevonkel
Teenwoordige deelwoord: vonkelend, vonkelende

Betekenis:
• Om lig af te gee; soos vonke te skitter.

Gebruik:
• Die sterre vonkel in die naghemel.
• 'n Yslike diamant het aan aan haar vinger gevonkel.

Sinoniem:
• blink
• flikker
• glinster
• gloei
• skitter
• skyn
• sprankel
• tintel

Afgelei:
• vonkeling
• vonkelnuut
• vonkelwyn

Vertaling:
Engels: to sparkle, twinkle, dartle
Nederlands: vonkelen


Selfstandige naamwoord: vonkel
Meervoud: vonkels
Verkleinwoord: vonkeltjie
Meervoud van verkleining: vonkeltjies

Betekenis:
• 'n Sprankelende glans.

Gebruik:
• Daar is 'n vonkel in haar oog.

Vertaling:
Engels: sparkle, glint
Nederlands: vonkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 22 Februarie 2026 14:11]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: polisiëringsforum
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Feb. 22 17:45:49 UTC 2026