Sunsat dalk vandag lanseer [boodskap #20782] |
Mon, 08 February 1999 00:00 |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Die lansering van Suid-Afrika se eerste plaaslik-vervaardigde satelliet,
Sunsat, is tot vandag uitgestel nadat die weer by die Lugmagbasis Vandenburg
in Kalifornië gister weer nie saamgespeel het nie.
Die lansering is seder 14 Januarie reeds verskeie kere uitgestel. Die
satelliet is ontwerp en gebou deur die Fakulteit Ingenieurswese aan die
Universiteit van Stellenbosch. Dosente en studente van die fakulteit is na
Amerika vir die lansering, maar het intussen na Suid-Afrika terug gekeer
omdat dit telkens uitgestel is.
Sunsat sal saam met 'n Deense satelliet met 'n Boeing Delta Twee-vuurpyl die
ruimte ingestuur word. Dit sal onder meer gebruik word vir
amateur-radiokommunikasie.
|
|
|
Re: Sunsat dalk vandag lanseer [boodskap #20828 is 'n antwoord op boodskap #20782] |
Tue, 09 February 1999 00:00 |
ro...
Boodskappe: 59 Geregistreer: February 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Mon, 8 Feb 1999 10:10:09 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:
> Die lansering van Suid-Afrika se eerste plaaslik-vervaardigde satelliet,
> Sunsat, is tot vandag uitgestel nadat die weer by die Lugmagbasis Vandenburg
> in Kalifornië gister weer nie saamgespeel het nie.
> Die lansering is seder 14 Januarie reeds verskeie kere uitgestel. Die
> satelliet is ontwerp en gebou deur die Fakulteit Ingenieurswese aan die
> Universiteit van Stellenbosch. Dosente en studente van die fakulteit is na
> Amerika vir die lansering, maar het intussen na Suid-Afrika terug gekeer
> omdat dit telkens uitgestel is.
>
> Sunsat sal saam met 'n Deense satelliet met 'n Boeing Delta Twee-vuurpyl die
> ruimte ingestuur word. Dit sal onder meer gebruik word vir
> amateur-radiokommunikasie.
Jong, ek glo eenvoudig nie meer die stories van Sunsat nie. 'n Boesman
met 'n gesplete stok sal vinniger boodskappe kan aflewer as om te wag
vir daardie satelliet om eendag te vlieg ...
Tel iemand dalk hoeveel kere dit al uitgestel is?
|
|
|