| blikslaer [boodskap #150837] |
Sa., 21 Februarie 2026 18:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24483 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blikslaer
Afbreking: blik•sla•er
Samestelling: blik + slaan + -er
Selfstandige naamwoord: blikslaer
Meervoud: blikslaers
Verkleinwoord: blikslaertjie
Meervoud van verkleining: blikslaertjies
Betekenis:
• (verouderd) Persoon wat voorwerpe van blik maak.
• (kragwoord) 'n Skurk; veragtelike persoon.
Gebruik:
• In die ou dae het die blikslaer emmers, kanne, potte en panne met die hand gemaak.
• Die blikslaer het my bedrieg!
Sinoniem:
• tinsmid
• blikskottel
• niksnut
• swernoot
• vabond
• vuilgoed
Afgelei:
• blikslaerswerk
Vertaling:
Engels: tin-smith; blighter
Nederlands: blikslager
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|