Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stokkiesdraai
stokkiesdraai [boodskap #150836] Sa., 21 Februarie 2026 14:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24483
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stokkiesdraai
Afbreking: stok•kies•draai
Samestelling: stokkies + draai


Werkwoord: draai stokkies, stokkiesdraai
Verlede tyd: het stokkiesgedraai
Teenwoordige deelwoord: stokkiesdraaiend, stokkiesdraaiende

Betekenis:
• Om sonder verlof afwesig te wees (o.a. van skool of werk).

Gebruik:
• Waar is jou maat, draai hy al weer stokkies?
• Hy het stokkiesgedraai om krieket te gaan kyk.

Sinoniem:
• dros
• wegbly

Afgelei:
• stokkiesdraaier
• stokkiesdraaiery

Vertaling:
Engels: to play the wag, play truant, skip class, bunk
Nederlands: spijbelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 22 Februarie 2026 08:04]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: opdiep
Volgende onderwerp: blikslaer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Feb. 22 16:52:50 UTC 2026