| Vrolike nagmaal [boodskap #150816] |
Di., 17 Februarie 2026 20:26 |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 546 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Die jong dominee is bietjie senuweeagtig voor sy eerste nagmaal preek, en hy besluit toe om 'n bietjie in die nagmaalwyn in te klim vir moed en wysheid.
Die gemeente hang aan sy lippe. Niemand slaap die keer in die kerk nie!
Na die tyd vra hy die ou dominee hoe hy gevaar het.
Die ou dominee vryf sy ken nadenkend voordat hy antwoord ...
'Wel, jy het definitief potensiaal. Jou preek het die gemeente baie aangegryp.'
Dankie dominee, sê die jong dominee met 'n glimlag.
Jy het egter 'n paar foute gemaak, sê die ou dominee.
'1. Dit was die ark, nie die Titanic nie!'
'2. Abraham het 'n bok gaargemaak. Hulle sê niks van 'n "party" met 'n spitbraai nie!'
'3. Esau het vir sy pa wildsvleis sop gegee en hom geflous met 'n bokvel oor die arm. Daar staan niks van camo-baadjie , guns en 4x4 bakkies in die Bybel nie!'
'4. Kain het vir Abel doodgeslaan! Hy het hom nie half moertoe geskop en met 'n karate kap sy nek gebreek nie!'
'En laastens.....
As jy jou nagmaalwyn klaar gedrink het, kap jy nie weer die glasie 3 keer op die tafel nie.'
[Bygewerk op: Vr., 20 Februarie 2026 16:33] deur moderator Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|