| Slawies [boodskap #150807] |
So., 15 Februarie 2026 19:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24452 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Slawies
Afbreking: Sla•wies
Selfstandige naamwoord: Slawies
Meervoud: –
Betekenis:
• Versamelnaam vir die tale van die Slawe/Slawiërs.
Gebruik:
• Sy studeer Slawies.
Afgelei:
• Kerkslawies
Afkorting:
• Slaw.
Vertaling:
Engels: Slavic
Nederlands: Slavisch
Byvoeglike naamwoord: Slawies
Attributief: Slawiese
Betekenis:
• Betreffende die Slawe/Slawiërs, die volke van Oos- en Suidoos-Europa.
Gebruik:
• Die Russe, Oekraïners en Wit-Russe is Slawiese bevolkingsgroepe.
Vertaling:
Engels: Slav, Slavic, Slavonic
Nederlands: Slavisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|