| sifdeur [boodskap #150797] |
Sa., 14 Februarie 2026 19:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24452 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sifdeur
Afbreking: sif•deur
Samestelling: sif + deur
Selfstandige naamwoord: sifdeur
Meervoud: sifdeure
Verkleinwoord: sifdeurtjie
Meervoud van verkleining: sifdeurtjies
Betekenis:
• 'n Deur met fyn gaas- of sifpanele wat lug deurlaat maar goggas uithou.
Gebruik:
• Maak die sifdeur toe sodat die muskiete nie in die huis inkom nie.
Sinoniem:
• gaasdeur
Vertaling:
Engels: screen door
Nederlands: hordeur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|