| jurk [boodskap #150794] |
Sa., 14 Februarie 2026 12:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24452 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jurk
Afbreking: jurk
Selfstandige naamwoord: jurk
Meervoud: jurke
Verkleinwoord: jurkie
Meervoud van verkleining: jurkies
Betekenis:
• 'n Borok uit een stuk vir 'n vrou wat die skouers tot die bene bedek.
• 'n Wye bokleed wat 'n mens ter beskerming oor jou gewone klere dra.
Gebruik:
• Die blonde vrou dra 'n rooi geweefde jurk.
• Die werkers dra jurke om hulle klere te beskerm.
Sinoniem:
• rok
• bokleed
• oorkleed
• oorrok
Hiponiem:
• morsjurk
• nagjurk
• onderjurk
• oorjurk
• springjurk
Vertaling:
Engels: dress, robe, frock
Nederlands: jurk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|