Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanbind
aanbind [boodskap #150782] Wo., 11 Februarie 2026 19:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24419
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanbind
Afbreking: aan•bind
Samestelling: aan + bind


Werkwoord: bind aan, aanbind
Verlede tyd: het aangebind
Teenwoordige deelwoord: aanbindend
Verlede deelwoord: aangebinde, aangebonde

Betekenis:
• Om iets te bind om dit vas te maak.
• Om 'n geveg of konflik te begin.

Gebruik:
• Die ruiter bind die perd aan die paal.
• Jy is betrap en vasgevang omdat jy die stryd teen My, die Here, aangebind het. [Jeremia 50:24]

Spreekwoord:
• Die kat die bel aanbind. [Gevaarlike werk aandurf.]
• Die stryd aanbind. ['n Geveg begin.]

Sinoniem:
• aanheg
• aanknoop
• bevestig
• vasbind
• vasheg
• vasknoop
• vasmaak

Antoniem:
• losbind

Vertaling:
Engels: to tie up, fasten, bind, attach; to start
Nederlands: aanbinden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 11 Februarie 2026 20:02]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: sonnewende
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Feb. 11 21:47:03 UTC 2026