Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kafoefel
kafoefel [boodskap #150779] Wo., 11 Februarie 2026 17:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24419
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kafoefel
Afbreking: ka•foe•fel


Werkwoord: kafoefel
Verlede tyd: het gekafoefel
Teenwoordige deelwoord: kafoefelend, kafoefelende
Verlede deelwoord: gekafoefelde

Betekenis:
• Om vryerig te verkeer.

Gebruik:
• Die paartjie kafoefel op die bank voor die TV.
• Hulle het in die kar gesit en gekafoefel.

Sinoniem:
• flankeer
• flikflooi
• liefkoos
• opsit
• vlerksleep
• vry

Vertaling:
Engels: to cuddle, pet
Nederlands: knuffelen, vrijen, flirten

Nota:
• Van Skotse Engels, carfuffle, liefkoos.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorrang
Volgende onderwerp: angsaanjaend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Feb. 11 20:19:21 UTC 2026