Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eietyds
eietyds [boodskap #150777] Wo., 11 Februarie 2026 06:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24572
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eietyds
Afbreking: ei•e•tyds
Samestelling: eie + tyd + -s


Byvoeglike naamwoord: eietyds
Attributief: eietydse

Betekenis:
• Betreffende die hede. Van die huidige tyd.

Gebruik:
• Die gebou se argitektuur is modern en eietyds.
• Vandag worstel kinders met eietydse probleme.

Sinoniem:
• deesdae
• hedendaags
• kontemporêr
• modern
• nuwerwets
• teenswoordig
• tydgenootlik

Antoniem:
• ouderwets

Vertaling:
Engels: contemporary, modern
Nederlands: eigentijds

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wetenskaplikheid
Volgende onderwerp: voorrang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Mrt. 10 18:04:06 UTC 2026