| stokhoringoud [boodskap #150774] |
Di., 10 Februarie 2026 13:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24413 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stokhoringoud
Afbreking: stok•ho•ring•oud
Samestelling: stok + horing + oud
Uitspraak: /ˈstɔkɦʊə̯rəŋœʊ̯t/
Byvoeglike naamwoord: stokhoringoud
Attributief: stokhoringou, stokhoringoue
Betekenis:
• Intensiewe vorm van oud; baie oud.
Gebruik:
• Die grappie is al stokhoringoud.
• Hy ry 'n stokhoringoue motor uit die jaar toet.
Sinoniem:
• antiek
• beenoud
• horingoud
• oeroud
• stokoud
Antoniem:
• bloedjonk
• splinternuut
Vertaling:
Engels: very old, ancient
Nederlands: zeer oud, stokoud
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 10 Februarie 2026 14:00] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|