| totemisme [boodskap #150771] |
So., 08 Februarie 2026 07:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24409 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
totemisme
Afbreking: to•te•mis•me
Samestelling: totem + -isme
Selfstandige naamwoord: totemisme
Meervoud: –
Betekenis:
• Die geloof in totems. Die spesiale, mistieke verhouding wat 'n persoon of groep met 'n totem het.
Gebruik:
• Totemisme is 'n stel rituele en oortuigings waarin diere, plante, voorwerpe of verskynsels optree as die mitiese verteenwoordigers en beskermgeeste van 'n stam.
Sinoniem:
• totemverering
Afgelei:
• totemisties
Vertaling:
Engels: totemism
Nederlands: totemisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 08 Februarie 2026 07:51] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|