| doeane [boodskap #150764] |
Sa., 07 Februarie 2026 16:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24402 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doeane
Afbreking: doe•a•ne
Selfstandige naamwoord: doeane
Meervoud: doeanes
Betekenis:
• Die belasting op in- en uitvoer, asook die departement of kantoor wat dit invorder.
Gebruik:
• By die lughawe moes ons eers ons tasse afhaal, waarna ons deur die doeane gegaan het.
Afgelei:
• doeane‐ooreenkoms
• doeane-owerheid
• doeaneamptenaar
• doeanebeampte
• doeanebelasting
• doeaneformaliteite
• doeanegebied
• doeanegelde
• doeanehof
• doeanekantoor
• doeaneregte
• doeanesaal
• doeanetarief
• doeaneverklaring
• doeanevorm
• doeanevry
Vertaling:
Engels: customs
Nederlands: douane
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|