| afgesonder [boodskap #150757] |
Sa., 07 Februarie 2026 09:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24398 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afgesonder
Afbreking: af•ge•son•der
Byvoeglike naamwoord: afgesonder, afgesonderd
Attributief: afgesonderde
Betekenis:
• Wat eenkant is of alleen gehou word; van ander geskei of geïsoleer.
Gebruik:
• Die Gamkaskloof is 'n smal, afgesonderde vallei in die Swartberge.
Sinoniem:
• afgeleë
• afgeskei
• afgesluit
• alleen
• desolaat
• eenkant
• geïsoleer
Afgelei:
• afgesonderdes
• afgesonderdheid
Vertaling:
Engels: separated, isolated, withdrawn, secluded
Nederlands: afgezonderd
Werkwoord: afsonder
Verlede tyd: het afgesonder
Betekenis:
• Verlede tyd van afsonder.
Gebruik:
• Hulle het die melaatses afgesonder en hulle in kolonies geplaas.
Vertaling:
Engels: seperated
Nederlands: afgezonderd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|