Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toemessel
toemessel [boodskap #150734] Ma., 02 Februarie 2026 19:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24371
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toemessel
Afbreking: toe•mes•sel
Samestelling: toe + messel


Werkwoord: messel toe, toemessel
Verlede tyd: het toegemessel
Teenwoordige deelwoord: toemesselend, toemesselende
Verlede deelwoord: toegemesselde

Betekenis:
• Om met stene en sement toe te bou; deur messelwerk dig maak.

Gebruik:
• By neushoringvoëls messel die mannetjie die broeiende wyfie in 'n boomholte toe.
• Hulle het die ou myn se ingang toegemessel om verdere ongelukke te voorkom.

Spreekwoord:
• 'n Kat in die kelder toemessel. ['n Kwaad toesmeer, maar nie verwyder nie.]

Sinoniem:
• digmaak
• inmessel
• toebou
• toepleister
• toesmeer
• toestop

Vertaling:
Engels: to brick up, wall up
Nederlands: dichtmetselen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: platinumgroep
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Feb. 02 21:26:03 UTC 2026