Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dienswillig
dienswillig [boodskap #150723] Sa., 31 Januarie 2026 20:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24360
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dienswillig
Afbreking: diens•wil•lig
Samestelling: diens + wil + -ig


Byvoeglike naamwoord: dienswillig
Vergrotende trap: dienswilliger
Oortreffende trap: dienswilligste
Attributief: dienswillige

Betekenis:
• Wat bereid en gewillig is om diens te doen.

Gebruik:
• Hy is 'n dienswillige werknemer wat altyd gereed is om te help.

Spreekwoord:
Dienswillig die uwe. [Slot aan die einde van 'n formele brief.]

Sinoniem:
• behulpsaam
• bereid
• deugsaam
• gedienstig
• gehoorsaam
• gewillig
• hulpvaardig
• nederig
• onderdanig
• pligsgetrou

Antoniem:
• onwillig

Afgelei:
• dienswilligheid

Afkorting:
• dw.

Vertaling:
Engels: obedient, assiduous
Nederlands: dienstwillig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Arabier
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Feb. 01 03:34:09 UTC 2026