Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » turkoois
turkoois [boodskap #150718] Di., 27 Januarie 2026 17:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24357
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
turkoois
Afbreking: tur•koois


Selfstandige naamwoord: turkoois
Meervoud: turkooise

Betekenis:
• 'n Blougroen mineraal en halfedelsteen.
• 'n Kleur tussen blou en groen, met RAL-nommer 6004.

Gebruik:
Turkoois is gewoonlik dof en word dikwels met 'n polimeer of was behandel om dit 'n groter glans te gee.
• Het julle die rok in turkoois?

Afgelei:
• turkooiskleur
• turkooissteen

Vertaling:
Engels: Turkey stone; turquoise
Nederlands: turkoois


Byvoeglike naamwoord: turkoois
Attributief: turkoois, turkooise

Betekenis:
• Wat 'n blougroen kleur het.

Gebruik:
• Sy dra 'n turkoois rok.

Hiponiem:
• turkooisblou
• turkooisgroen

Vertaling:
Engels: turquoise
Nederlands: turkoois

Nota:
• Die naam turkoois is afgelei van Turkye, omdat die edelsteen Europa vanuit Iran, deur Turkye, bereik het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geesbeker
Volgende onderwerp: selfaktualisering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jan. 28 09:56:36 UTC 2026