| alomvattend [boodskap #150713] |
So., 25 Januarie 2026 12:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24354 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
alomvattend
Afbreking: al•om•vat•tend
Samestelling: al + omvattend
Byvoeglike naamwoord: alomvattend
Attributief: alomvattende
Betekenis:
• Wat volledig is, alles omvat/insluit.
Gebruik:
• God se vergifnis is alomvattend en finaal.
• Die verslag bied 'n alomvattende oorsig van die land se ekonomie.
Wisselvorm:
• allesomvattend
Sinoniem:
• inklusief
• universeel
• volledig
Afgelei:
• alomvattendheid
Vertaling:
Engels: all-encompassing, all‐embracing, comprehensive
Nederlands: alomvattend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|