| endosseer [boodskap #150701] |
Sa., 24 Januarie 2026 20:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24354 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
endosseer
Afbreking: en•dos•seer
Werkwoord: endosseer
Verlede tyd: het geëndosseer
Teenwoordige deelwoord: endosserend, endosserende
Verlede deelwoord: geëndosseerde
Betekenis:
• Om iets formeel goed te keur.
• Om 'n wissel aan iemand anders oor te dra deur die rugkant te onderteken.
Gebruik:
• Die skool endosseer nie die produkte en dienste wat in die blad geadverteer word nie.
• Het jy die tjek geëndosseer?
Sinoniem:
• goedkeur
• onderskryf
• onderteken
• parafeer
• sertifiseer
• toestaan
• toestem
Afgelei:
• endosseerder
• endossement
• endossering
Vertaling:
Engels: to endorse
Nederlands: goedkeuren, ondertekenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|