| spoghaan [boodskap #150699] |
Sa., 24 Januarie 2026 18:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24355 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spoghaan
Afbreking: spog•haan
Samestelling: spog + haan
Selfstandige naamwoord: spoghaan
Meervoud: spoghane
Verkleinwoord: spoghaantjie
Meervoud van verkleining: spoghaantjies
Betekenis:
• 'n Haan waarmee gespog word.
• 'n Haan wat pronk.
• (figuurlik) Iemand wat graag pronk of grootpraat.
Gebruik:
• Hy is erg oor sy spoghaan wat al talle pryse op skoue losgeslaan het.
• Daar is vier wat statig stap: 'n leeu, 'n spoghaan, 'n bokram en 'n koning met sy leër. [Spreuke 30: 29-31, verkort]
• Hy is 'n regte spoghaantjie.
Sinoniem:
• grootprater
• pronker
• windmaker
Vertaling:
Engels: cockerel; rooster; show-off, braggart
Nederlands: haan; haan; opschepper, blaaskaak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|