Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spiekeries
spiekeries [boodskap #150698] Sa., 24 Januarie 2026 11:41
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25311
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spiekeries
Afbreking: spie•ke•ries


Byvoeglike naamwoord: spiekeries
Attributief: spiekeriese

Betekenis:
• (informeel) Deftig en spoggerig.
• (geselstaal) Baie goed en reg; agtermekaar.

Gebruik:
• Almal lyk spiekeries op die foto. Waar kry jy die spiekeriese motor?
• Dit gaan spiekeries met my! Ek wil vir jou 'n spiekeriese dag toewens.

Sinoniem:
• deftig
• netjies
• piekfyn
• spoggerig
• windmakerig

Vertaling:
Engels: spick-and-span, spickerish, spiffy, fancy
Nederlands: puntgaaf, spik en span

Nota:
• Die rugbykommentator, Gerhard Viviers, het die woord in die 1960's en 1970's bekend gemaak en het later self die bynaam Spiekeries gekry.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: katabaties
Volgende onderwerp: spoghaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Mei 30 20:06:34 UTC 2026