| swenk [boodskap #150682] |
Sa., 17 Januarie 2026 09:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24357 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swenk
Afbreking: swenk
Werkwoord: swenk
Verlede tyd: het geswenk
Teenwoordige deelwoord: swenkend, swenkende
Verlede deelwoord: geswenkte
Betekenis:
• Om vinnig van rigting te verander.
Gebruik:
• Ons moes kwaai swenk om die aankomende motor te mis.
• Die bus het op 'n bergpas van die pad geswenk en teen die hang afgestort.
Sinoniem:
• draai
• swaai
• swink
• uitswaai
• wegswaai
• wentel
Hiponiem:
• afswenk
• inswenk
• omswenk
• uitswenk
Afgelei:
• swenker
• swenking
Vertaling:
Engels: to swerve, swing, sway round
Nederlands: zwenken
Selfstandige naamwoord: swenk
Meervoud: swenk
Betekenis:
• 'n Skielike draai of vermydende beweging; swenkbeweging.
Gebruik:
• Die pad maak 'n swenk na links.
Sinoniem:
• systap
• wending
Afgelei:
• swenkhoek
Vertaling:
Engels: turn, swerve, swing
Nederlands: zwenk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|