Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » janfiskaal
janfiskaal [boodskap #150634] Di., 06 Januarie 2026 13:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skets van 'n janfiskaal.
'n Skets van 'n janfiskaal.
janfiskaal
Afbreking: jan•fi•skaal
Samestelling: jan + fiskaal


Selfstandige naamwoord: janfiskaal
Meervoud: janfiskaals, janfiskale
Verkleinwoord: janfiskaaltjie
Meervoud van verkleining: janfiskaaltjies

Betekenis:
• Voël met 'n swart rug, wit maag en 'n wit V-vormige merk op die rug, Lanius collaris.

Gebruik:
• Die janfiskaal vang insekte en ander voëls wat hulle vir later gebruik aan dorings en drade ophang.

Sinoniem:
• biltongmaker
• fiskaallaksman
• katlagter
• laksman
• spensvoël
• tweedood

Vertaling:
Engels: fiscal-shrike, butcher‐bird
Nederlands: zuidelijke gekraagde klauwier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goede
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jan. 09 18:08:24 UTC 2026